1 TESSALONISENSE 4:14
1 TESSALONISENSE 4:14 Bybel vir almal (ABA)
Ons glo dat Jesus gesterf het en weer begin lewe het. Ons moet ook glo dat God die gelowiges wat gesterf het, na Jesus toe sal bring.
1 TESSALONISENSE 4:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
1 TESSALONISENSE 4:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.
1 TESSALONISENSE 4:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want as ons glo dat Jesus gesterf het en opgestaan het – God sal ook so diegene wat gesterf het, deur Jesus met Hom saamneem.
1 TESSALONISENSE 4:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as ons glo dat Jesus gesterf en opgestaan het, so sal God ook die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.