1 TESSALONISENSE 4:17
1 TESSALONISENSE 4:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.
1 TESSALONISENSE 4:17 Bybel vir almal (ABA)
Daarna sal God ons wegvat, ons wat nog lewe en wat oorgebly het op die aarde. Hy sal ons en die mense wat gesterf het en wat weer lewe, saam wegneem tot in die wolke. Dan sal ons die Here Jesus in die lug ontmoet, en so sal ons altyd by die Here Jesus wees.
1 TESSALONISENSE 4:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
1 TESSALONISENSE 4:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarna sal ons wat lewe en oorgebly het, saam met hulle in die wolke opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet. En so sal ons altyd by die Here wees.
1 TESSALONISENSE 4:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.