1 TESSALONISENSE 4:3-5
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Bybel vir almal (ABA)
God wil hê julle moet lewe soos mense wat aan Hom behoort. Julle moenie julle liggame gebruik om onsedelik te lewe nie. God wil hê elke man moet weet dat hy saam met sy vrou moet lewe soos God wil hê, en elke man moet sy vrou respekteer. Julle moenie doen soos die heidene wat nie vir God ken nie. Daardie mans gebruik hulle vroue net vir seks.
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid, dat elkeen sal weet hoe om sy eie vrou op 'n heilige en eerbare wyse te verkry, nie uit wellustige begeerte soos die heidene wat God nie ken nie
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit is die wil van God, ja, julle heiligmaking, dat julle jul moet onthou van hoerery: dat elkeen van julle moet weet hoe om sy voorwerp in heiligmaking en eer te besit; Nie in die begeerlikheid van begeerlikheid nie, net soos die heidene wat God nie ken nie.
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Die Boodskap (DB)
God wil hê julle moet julle lewe voltyds aan Hom wy. Moenie deel hê aan enige seksuele sondes wat teen God se wil indruis nie. Julle en julle huweliksmaats is eksklusief aan mekaar gegee. Behandel mekaar met groot respek. Julle huwelik moet so kosbaar wees dat daar geen tyd of plek vir verkeerde seksuele begeertes in julle lewe is nie. Ongelowiges wat hulle nie aan God steur nie, vang al daardie vieslike dinge aan.
1 TESSALONISENSE 4:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis God se wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe. Weerhou julle van seksuele sondes. Elkeen van julle moet weet hoe om op te tree wanneer julle ’n vrou soek. Tree op soos mense wat aan God behoort en wat sy eer soek. Moenie uit seksuele drange ’n vrou soek soos die ongelowiges wat God nie ken nie.