1 TESSALONISENSE 4:9
1 TESSALONISENSE 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.
1 TESSALONISENSE 4:9 Die Boodskap (DB)
Ek het nie nodig om nog iets te sê oor hoe julle mekaar as gelowiges moet liefhê nie. God self het julle geleer hoe om mekaar lief te hê.
1 TESSALONISENSE 4:9 Bybel vir almal (ABA)
Dit is nie nodig dat óns vir julle skryf dat julle lief moet wees vir mekaar nie, want God self het vir julle geleer dat julle lief moet wees vir mekaar.
1 TESSALONISENSE 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê
1 TESSALONISENSE 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.