1 TESSALONISENSE 5:1-3
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, dit is nie nodig dat ons vir julle moet skryf en sê presies wanneer en hoe die Here sal kom nie. Julle weet baie goed dat die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag kom. Die mense sal sê: “Daar is nou vrede en ons is veilig,” en dan sal dit skielik baie baie sleg gaan met daardie mense. Dit sal wees soos wanneer 'n vrou 'n baba moet kry, haar pyn kom skielik. Die mense sal glad nie kan wegvlug nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Oor die tye en geleenthede, broers, is dit nie nodig dat ons aan julle skryf nie, want julle weet self baie goed dat die dag van die Here soos 'n dief in die nag kom. Wanneer hulle sê, “Daar is vrede en veiligheid,” kom daar skielik vernietiging oor hulle, soos geboortepyne 'n swanger vrou oorval, en hulle sal beslis nie ontkom nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar van die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat ek aan julle skrywe nie. Want julle weet self goed dat die dag van die Here so kom soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sal sê: Vrede en veiligheid; dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou; en hulle sal nie ontvlug nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Die Boodskap (DB)
My broers en susters, dis nie vir my nodig om met julle te praat oor presies wanneer die Here gaan terugkeer, of wat alles sal gebeur as Hy terugkeer nie. Julle weet teen hierdie tyd baie goed dat die dag waarop die Here terugkom net so onverwags sal plaasvind soos ’n dief wat in die middel van die nag by jou huis kom inbreek. Baie mense sal nog sê: “Ag nee wat, alles is veilig,” dan val alles rondom hulle skielik inmekaar. Hierdie mense sal begin skree van die pyn, net soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit sal niks help nie. Niemand sal op daardie dag wegkom nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, dis nie nodig dat ek vir julle skryf oor die presiese dag en datum wanneer hierdie dinge gaan gebeur nie. Julle weet mos self dat die Dag van die Here soos ’n dief in die nag kom. Wanneer die mense nog sê: “Alles is rustig en veilig,” dan skielik, soos geboortepyne ’n swanger vrou oorval, oorval ondergang hulle. Hulle sal dit beslis nie vryspring nie.