1 TESSALONISENSE 5:12-13
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom. Julle moet julle leiers respekteer en baie lief wees vir hulle, want hulle doen belangrike werk. Julle moet só lewe dat daar vrede is tussen julle.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ons vra julle, broers, om respek te betoon aan diegene wat ywerig onder julle werk, en julle in die Naam van die Here voorgaan en teregwys, en om, op grond van hulle werk, in liefde en met die hoogste agting teenoor hulle op te tree. Leef in vrede met mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ons smeek julle, broeders, om die wat onder julle arbei en oor julle in die Here is, te ken en julle te vermaan; En om hulle in liefde baie hoog te ag ter wille van hulle werk. En wees in vrede onder mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Die Boodskap (DB)
Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos. Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle. Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie.
1 TESSALONISENSE 5:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar.