1 TESSALONISENSE 5:18-19
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in •Christus Jesus. Moenie die Gees blus nie
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is. Moenie die Gees uitblus nie.
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo. Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie.
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie uit nie.
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie.
1 TESSALONISENSE 5:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie uit nie.