1 TIMOTEUS 1:15
1 TIMOTEUS 1:15 Bybel vir almal (ABA)
Wat ek nou wil sê, is waar, julle kan dit glo: Christus Jesus het na die wêreld gekom om sondaars te red. Ek is die grootste sondaar.
1 TIMOTEUS 1:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
1 TIMOTEUS 1:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is 'n betroubare woord en verdienste om aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red; van wie ek hoof is.
1 TIMOTEUS 1:15 Die Boodskap (DB)
Luister hierna, want niemand kan hieroor stry nie: Jesus Christus het na die wêreld toe gekom om mense wat verkeerd lewe, te help om weer God se vriende te word; ek weet, want as dit by ’n slegte lewe kom, het ek voor in die ry gestaan.
1 TIMOTEUS 1:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal.
1 TIMOTEUS 1:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.