1 TIMOTEUS 1:17
1 TIMOTEUS 1:17 Bybel vir almal (ABA)
Ek bid dat die mense altyd vir God sal eer en prys, God wat altyd Koning is en wat altyd lewe. Ons sien nie vir God nie, net Hy is God. Amen.
1 TIMOTEUS 1:17 Die Boodskap (DB)
Laat ons nooit ophou om die enigste God groot te maak en vir almal te vertel hoe wonderlik Hy is nie. Hy is ons Heerser vir altyd; niemand kan Hom sien nie en Hy gaan ook nie dood nie. So is dit en so sal dit bly.
1 TIMOTEUS 1:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aan die ewige Koning, die onsterflike, onsigbare, enigste God, die eer en die heerlikheid vir ewig en altyd. Amen.
1 TIMOTEUS 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
1 TIMOTEUS 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.