1 TIMOTEUS 1:18-19 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 TIMOTEUS 1:18-19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hierdie opdrag gee ek aan jou, Timoteus, my kind, in ooreenstemming met die profesieë wat vroeër oor jou uitgespreek is. Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry. Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.
1 TIMOTEUS 1:18-19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely
1 TIMOTEUS 1:18-19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Timoteus, my kind, hiermee gee ek my opdrag aan jou, gegrond op die profetiese woorde wat voorheen oor jou uitgespreek is. Mag daardie woorde jou die selfvertroue gee om goed te veg in die Here se veldslae. Hou styf vas aan jou geloof, en hou altyd jou ge-wete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan het hulle geloof skipbreuk gely.
1 TIMOTEUS 1:18-19 DB (Die Boodskap)
Timoteus, my seun, laat ek vir jou verduidelik wat ek wil hê jy moet doen. God het mos ’n profesie gegee oor wat jy aan party mense in die gemeente gaan doen. Hulle het dit vir die gemeente vertel. As jy dit doen, sal jy ’n wenner wees. Moenie iets doen waaroor jy sleg sal voel nie en vertrou Jesus Christus. Party mense wou niks weet van hierdie dinge nie en verkeerde dinge het hulle later nie meer gepla nie. Daarom is daar ook niks van hulle Christenskap oor nie en hulle vertrou ook nie meer op Jesus nie.
1 TIMOTEUS 1:18-19 ABA (Bybel vir almal)
Timoteus, jy is vir my soos my eie kind. Profete het voorheen gesê wat met jou sal gebeur. Daarom sê ek ook nou vir jou wat jy moet doen sodat jy soos 'n goeie soldaat kan aanhou veg. Jy moet aanhou glo en jy moet onthou wat is reg en wat is verkeerd. Party mense wou dit nie onthou nie en hulle het opgehou glo, hulle geloof was soos wanneer 'n skip stukkend stamp op die rotse en sink.
1 TIMOTEUS 1:18-19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie opdrag vertrou ek aan jou toe, my kind Timoteus, in ooreenstemming met die profesieë wat vroeër oor jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry, met geloof en 'n goeie gewete – iets wat sommige mense versaak het, waardeur hulle geloof skipbreuk gely het.
1 TIMOTEUS 1:18-19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie opdrag dra ek aan jou toe, seun Timoteus, volgens die profesieë wat aan jou voorafgegaan het, sodat jy daardeur 'n goeie oorlog kan voer; Met geloof en 'n goeie gewete; wat sommige vanweë die geloof weggedoen het, skipbreuk gebring het.