1 TIMOTEUS 1:3-5
1 TIMOTEUS 1:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Voordat ek na die provinsie Masedonië gegaan het, het ek vir jou mooi gevra om in Efese te bly. Nou vra ek weer vir jou mooi om daar te bly sodat jy vir party mense kan sê hulle moet ophou om verkeerde dinge vir die mense te leer. Hulle moet ook ophou om te luister na al die stories wat nie waar is nie en hulle moet ook nie dink dat baie name van voorouers belangrik is nie. Hierdie dinge laat mense stry met mekaar, hierdie dinge help hulle nie om te glo dat God 'n plan het om die mense te red wat in Christus glo nie. Ek sê dit vir julle omdat gelowiges lief moet wees vir mekaar en vir God. Gelowiges moet mense wees wat net vir God dien, hulle moet goed weet wat is reg en wat is verkeerd, en hulle moet waarlik in Christus glo.
1 TIMOTEUS 1:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SOOS ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof
1 TIMOTEUS 1:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied. Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagsregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee. Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof kom.
1 TIMOTEUS 1:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos ek by jou aangedring het toe ek na Macedonië vertrek het, moet jy in Efese bly, sodat jy sekere mense opdrag kan gee om nie vreemde leringe te versprei, en om hulle nie met mites en eindelose geslagsregisters op te hou nie. Hierdie dinge bevorder eerder sinlose argumente as God se plan, wat Hy deur die geloof ten uitvoer wil bring. Die doel van die opdrag is liefde uit 'n rein hart, 'n skoon gewete en 'n ongeveinsde geloof.
1 TIMOTEUS 1:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos ek jou gesmeek het om nog in Éfese te bly, toe ek na Masedonië gegaan het, sodat jy sommige kan bevel dat hulle geen ander leer leer nie, Gee ook nie ag op fabels en eindelose geslagsregisters wat vrae bedien nie, eerder as die goddelike opbouing wat in die geloof is. En die einde van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en uit ongeveinsde geloof.
1 TIMOTEUS 1:3-5 Die Boodskap (DB)
Jy onthou mos nog wat ek jou gevra het net voor ek weg is Noord-Griekeland toe. Ek het gevra dat jy in Efese moes bly. Moenie daar weggaan nie, want jy moet sorg dat daardie vals predikers end kry met al die verkeerde dinge wat hulle van God vertel. Hulle hou hulle besig met ’n klomp stories wat hulle uit die duim suig en probeer allerhande spesiale dinge uit geslagsregisters aflei. Hulle wil net ’n stryery aan die gang sit in plaas daarvan om hulle met die werk van God besig te hou. ’n Gelowige sal mos eerder God se werk wil doen. Doen dit asseblief, want dit lei tot liefde. Dit gebeur as ’n mens nie iets vir God probeer wegsteek nie en daar nie kwade bedoelings in jou is nie. Jy moet ook regtig op God vertrou en nie net maak of jy op Hom vertrou nie.
1 TIMOTEUS 1:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe ek na Masedonië vertrek het, het ek by jou aangedring om daar in Efese te bly en dié wat vals leerstellings verkondig, te verbied. Moenie dat mense tyd mors met eindelose spekulasies oor mites en geslagsregisters nie. Want hierdie dinge veroorsaak net twisgesprekke; dit bevorder nie ’n lewenspatroon van geloof in God nie. Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en opregte geloof kom.