1 TIMOTEUS 1:5
1 TIMOTEUS 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof
1 TIMOTEUS 1:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en opregte geloof kom.
1 TIMOTEUS 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê dit vir julle omdat gelowiges lief moet wees vir mekaar en vir God. Gelowiges moet mense wees wat net vir God dien, hulle moet goed weet wat is reg en wat is verkeerd, en hulle moet waarlik in Christus glo.
1 TIMOTEUS 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof kom.
1 TIMOTEUS 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die doel van die opdrag is liefde uit 'n rein hart, 'n skoon gewete en 'n ongeveinsde geloof.