1 TIMOTEUS 3:16
1 TIMOTEUS 3:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem.
1 TIMOTEUS 3:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die geheimenis van die ware godvresendheid is sonder twyfel groot: Hy is geopenbaar in 'n menslike liggaam, regverdig bewys deur die Gees, gesien deur die engele, verkondig onder die nasies, geglo in die wêreld, opgeneem in heerlikheid.
1 TIMOTEUS 3:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil reguit sê: Ons het nie geweet hoe om God te dien nie, maar God het vir ons kom sê hoe om dit te doen, en dit is wonderlik. God het 'n mens geword, Hy was Christus, die Heilige Gees het gewys wie Christus waarlik is, engele het vir Christus gesien, mense het vir die volke vertel van Hom. Oral in die wêreld het mense in Hom geglo, God het vir Christus opgeneem na die hemel en God het Hom Koning laat word.
1 TIMOTEUS 3:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
1 TIMOTEUS 3:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sonder omstredenheid is die verborgenheid van die godsaligheid groot: God is geopenbaar in die vlees, geregverdig in die Gees, gesien deur engele, aan die heidene verkondig, in die wêreld geglo, opgeneem in heerlikheid.
1 TIMOTEUS 3:16 Die Boodskap (DB)
Oor een ding hoef ’n mens nie te twyfel nie, naamlik dat ons godsdiens nie iets is wat ons kon uitgedink het nie. Dit was God se geheim en gaan oor Jesus: “Jesus het mens geword en die Gees het dubbel en dwars beklemtoon dat Jesus aan die regte kant staan. Die hemelse wesens het Hom gesien, sy boodskappers het al die nasies van Hom vertel en deur die hele wêreld het mense in Hom begin glo. Hy is na God toe in die hemel waar almal kan sien hoe belangrik Hy is.”