1 TIMOTEUS 4:1
1 TIMOTEUS 4:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom.
1 TIMOTEUS 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer.
1 TIMOTEUS 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
1 TIMOTEUS 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang.
1 TIMOTEUS 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste dae sommige mense van die geloof afvallig sal word, omdat hulle hulle ophou met dwaalgeeste en die leringe van demone.
1 TIMOTEUS 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Gees spreek uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof sal afvallig word en ag gee op verleidende geeste en leringe van duiwels
1 TIMOTEUS 4:1 Die Boodskap (DB)
Die Heilige Gees het baie duidelik gesê dat in die tyd voor die Here weer kom party mense niks meer met geloof te doen sal wil hê nie. Hulle sal eerder agter geeste aanhardloop wat hulle op verkeerde paaie lei en sal gretig luister na wat demone vir hulle vertel. Dit sal gebeur wanneer hulle hulle ore uitleen aan mense wat kamma goed is, maar eintlik almal kul en vir almal lieg.