1 TIMOTEUS 6:17-18
1 TIMOTEUS 6:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.
1 TIMOTEUS 6:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet. Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees
1 TIMOTEUS 6:17-18 Die Boodskap (DB)
Waarsku die mense wat in hierdie wêreld baie geld het om nie te veel van hulleself te begin dink nie. Hulle moet nie hulle hele lewe op geld en rykdom bou nie, want dit hou nie baie lank nie. ’n Mens kan ook nie seker wees dat jy altyd geld sal hê nie. Hulle moet eerder hulle lewe bou deur op God te vertrou. Hy sal sorg dat ons alles kry wat ons nodig het om van te leef. Praat mooi met die ryk mense. Vra hulle om hulle geld te gebruik om arm mense mee te help. Hulle moet nie suinig wees nie en moet graag met ander deel wat hulle het.
1 TIMOTEUS 6:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense wat nou ryk is in hierdie wêreld. Jy moet vir hulle sê hulle moenie hoogmoedig wees nie. En hulle moenie dink dat geld en rykdom hulle altyd sal help nie. 'n Mens kan nooit seker wees dat jy altyd ryk sal wees nie. Nee, hulle moet seker weet dat God vir ons alles sal gee wat ons nodig het. Ja, Hy gee vir ons nog meer sodat ons dit kan geniet. Die ryk mense moet goeie dinge doen, ja, hulle moet baie goeie dinge doen. Dit is hoe hulle ryk moet wees. Hulle moet baie graag van hulle eie goed vir ander mense gee.
1 TIMOTEUS 6:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam
1 TIMOTEUS 6:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Belas die rykes in hierdie wêreld, dat hulle nie hoogmoedig moet wees en nie vertrou op onsekere rykdom nie, maar op die lewende God, wat ons alles ryklik gee om te geniet; dat hulle goed doen, dat hulle ryk is in goeie werke, bereid is om uit te deel, gewillig om mee te deel
1 TIMOTEUS 6:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel.