1 TIMOTEUS 6:6-8
1 TIMOTEUS 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer 'n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie. Want ons het niks ingebring in die wêreld nie, en ons kan ook niks uitneem uit die wêreld nie. Daarom moet ons tevrede wees wanneer ons kos en klere het.
1 TIMOTEUS 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
1 TIMOTEUS 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
1 TIMOTEUS 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan. Ons het immers niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan niks daaruit wegneem nie; maar as ons kos en klere het, laat ons daarmee tevrede wees.
1 TIMOTEUS 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar godsaligheid saam met vergenoegdheid is groot wins. Want ons het niks in hierdie wêreld ingebring nie, en dit is seker dat ons niks kan uitdra nie. En met voedsel en klere, laat ons daarmee tevrede wees.
1 TIMOTEUS 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Eintlik kán godsdiens ’n mens baie ryk maak. Aardse rykdom is nie so baie werd nie, want ons het sonder ’n sent in die wêreld gekom en eendag wanneer ons doodgaan, sal ons ook niks van die wêreldse rykdom kan saamvat nie. As ons genoeg het om te eet en darem klere het om aan te trek, moet ons meer as tevrede wees.