2 KRONIEKE 18:19
2 KRONIEKE 18:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
2 KRONIEKE 18:19 Bybel vir almal (ABA)
En die Here het gesê: ‘Vir wie kan Ek stuur om vir Agab te bedrieg? Daardie een moet sê Agab moet na Ramot in Gilead gaan, Ek wil hê Agab moet daar sterf.’ Almal wat in die hemel is, het daaroor met mekaar gepraat
2 KRONIEKE 18:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab koning van Israel so ver kry dat hy na Ramot in Gilead gaan en daar sneuwel?’ Die een het toe dit gesê en die ander dat
2 KRONIEKE 18:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die HERE, ‘Wie sal Agab, die koning van Israel, mislei, sodat hy optrek en val by Ramot in Gilead?’ ” Verder sê Miga: “Die een het dit voorgestel en die ander dat.
2 KRONIEKE 18:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE: Wie sal Agab, die koning van Israel, verlei, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het gespreek op hierdie manier, en 'n ander wat op die manier gesê het.