2 KRONIEKE 33:12-13
2 KRONIEKE 33:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Dit het baie sleg begin gaan met Manasse, en toe het hy sy God die Here gesmeek en hy het homself heeltemal verneder voor die God van sy voorvaders. Hy het tot die Here gebid, en die Here was genadig vir hom. Die Here het gedoen wat Manasse gevra het, Hy het hom laat terugkom na Jerusalem en na sy land. Manasse het toe geweet dat dit die Here is wat God is, Hy alleen is God.
2 KRONIEKE 33:12-13 Die Boodskap (DB)
Terwyl hy daar baie swaargekry het, het hy weer na die Here toe gekom. Hy het die God van sy voorouers nederig om verskoning gevra vir al sy sondes. Toe Manasse so gebid het, het die Here besluit om hom te help. Hy het hom na Jerusalem laat teruggaan en hy het weer die koning van Juda geword. Dit het Manasse laat besef dat die Here werklik God is.
2 KRONIEKE 33:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl hy in die diepste nood was, het Manasse die HERE sy God om genade gevra en hom voor die God van sy voorouers verootmoedig. Toe hy bid, het die HERE na hom geluister en sy gebed verhoor en hom laat terugkeer na Jerusalem en sy koninkryk. Manasse het uiteindelik besef dat net die HERE God is.
2 KRONIEKE 33:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.
2 KRONIEKE 33:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders, en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is.
2 KRONIEKE 33:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar toe hy in die noute was, het hy die HERE sy God se guns gesoek, hom ernstig verootmoedig voor die God van sy voorouers en tot Hom gebid. God is geraak deur sy pleitrede en het sy smeekbede verhoor. Hy het hom na Jerusalem, na sy koningskap, laat terugkeer. Manasse het toe erken dat die HERE God is.
2 KRONIEKE 33:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hy in benoudheid was, het hy die HERE sy God gesmeek en hom baie verneder voor die God van sy vaders, En hy het tot hom gebid, en hy het hom gesmeek en sy smeking gehoor en hom na Jerusalem teruggebring in sy koninkryk. Toe het Manasse geweet dat die HERE God is.