2 KORINTIËRS 2:14-15
2 KORINTIËRS 2:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek. Ons is die welriekende geur wat deur Christus vir God opstyg, onder dié wat verlos word sowel as onder dié wat verlore gaan.
2 KORINTIËRS 2:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Ons moet vir God dankie sê, Hy wys altyd vir almal dat ons aan Christus behoort en dat Christus die Koning is wat sy vyande oorwin het. God gebruik ons sodat mense oral vir Christus kan leer ken. Dit is soos wanneer 'n mens iets ruik. God red party mense en party mense gaan verlore. Wanneer ons die boodskap oor Christus preek, dan is dit soos wanneer die mense iets ruik.
2 KORINTIËRS 2:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan
2 KORINTIËRS 2:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur. Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.
2 KORINTIËRS 2:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar dank aan God, wat ons altyd deur •Christus in sy triomftog meevoer, en die geur van sy kennis op elke plek deur ons versprei. Want ons is 'n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word, én vir dié wat verlore gaan
2 KORINTIËRS 2:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus en die reuk van sy kennis deur ons op elke plek openbaar maak. Want ons is vir God 'n lieflike geur van Christus, in die wat gered word en in die wat verlore gaan.
2 KORINTIËRS 2:14-15 Die Boodskap (DB)
Ons moet vir God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ’n aangename geur wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die wonderlike aroma van Christus tot eer van God. Almal wat met ons te doen het, weet daarvan: dié wat in Hom glo, en ook dié wat op pad is na die dood toe.