Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

2 KORINTIËRS 2:17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

2 KORINTIËRS 2:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ons, omdat ons nie is soos baie ander wat geld maak uit die woord van God nie. Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God.

2 KORINTIËRS 2:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

2 KORINTIËRS 2:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons is wel, want ons is nie soos baie mense wat smous met die woord van God nie. Omdat ons aan Christus verbind is, preek ons die woord met suiwer bedoelings – ’n woord wat van God self af kom, en waaroor ons aan Hom rekenskap moet gee.

2 KORINTIËRS 2:17 DB (Die Boodskap)

Natuurlik is dit ’n groot verantwoordelikheid om Christus se aroma in hierdie wêreld te wees. Ek weet dat ek sy aroma is. “Hoe?” vra julle. Want ek probeer nie geld maak uit die woord van God soos party ander mense nie. Ek is eerlik en opreg. Omdat ek deur God self aangestel is en aan Christus behoort, kom alles wat ek sê van God af. Niks wat ek doen, steek ek ooit vir God weg nie.

2 KORINTIËRS 2:17 ABA (Bybel vir almal)

Want ons is nie soos baie ander mense wat die boodskap van God bring om geld te kry nie. Nee, wanneer ons preek, dan is ons eerlik. Want God het ons gestuur, ons weet dat Hy ons altyd kan sien, en ons behoort aan Christus.

2 KORINTIËRS 2:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ons is nie soos so baie ander wat smous met die woord van God nie; maar ons praat in opregtheid, asof vanuit God, voor God, en dit in Christus.

2 KORINTIËRS 2:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ons is nie soveel wat die woord van God verderf nie, maar as uit opregtheid, maar soos uit God, spreek ons voor God in Christus.