2 JOHANNES 1:6
2 JOHANNES 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit is die liefde: dat ons volgens sy opdragte leef. Dit is die opdrag wat julle van die begin gehoor het: dat julle daarvolgens moet leef.
2 JOHANNES 1:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Liefde bestaan daarin dat ons moet aanhou om volgens sy opdragte te leef. Dié opdrag vra dat ons in ’n hegte verbintenis daaraan moet bly leef, soos julle van die heel begin af gehoor het.
2 JOHANNES 1:6 Bybel vir almal (ABA)
As ons lief is vir mekaar, dan doen ons wat God vir ons sê. Dit is die wet wat julle van die begin af gehoor het. Dít is wat julle moet doen.
2 JOHANNES 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.
2 JOHANNES 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.