2 KONINGS 6:17
2 KONINGS 6:17 Bybel vir almal (ABA)
Elisa het gebid en gevra: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy kan sien.” Die Here het die oë van die jongman oopgemaak, en toe sien hy dat die berge rondom Elisa vol perde en oorlogkarre van vuur is.
2 KONINGS 6:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.
2 KONINGS 6:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
2 KONINGS 6:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elisa het toe gebid en gesê: “HERE, maak tog sy oë oop, dat hy kan sien!” Daarop het die HERE die dienaar se oë oopgemaak, en hy sien toe – sowaar, die berg rondom Elisa is vol perde, en strydwaens van vuur!
2 KONINGS 6:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van die jongman geopen; en hy het gesien, en kyk, die berg was vol perde en strydwaens van vuur rondom Elisa.