2 PETRUS 1:20-21
2 PETRUS 1:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Dit is belangrik dat julle dit moet weet: Die profete van die Ou Testament het nie self die dinge gedink wat hulle gesê het nie. Want die profete het hulle boodskap gebring, nie omdat hulle self daardie dinge wou sê nie, nee, die Heilige Gees het mense laat sê wat God sê.
2 PETRUS 1:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
2 PETRUS 1:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.
2 PETRUS 1:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.
2 PETRUS 1:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Om dit eerstens te weet, dat geen profesie van die Skrif van enige eie uitlegging is nie. Want die profesie het in die ou tyd nie deur die wil van 'n mens gekom nie, maar heilige manne van God het gespreek soos hulle deur die Heilige Gees gedrywe is.
2 PETRUS 1:20-21 Die Boodskap (DB)
Onthou, dit wat die profete in die Bybel sê, het hulle nie self uitgedink nie, want geen ware profesie kom ooit van mense af nie. Nee, die Heilige Gees het presies vir hulle gewys wat hulle oor God moes sê. Hy het hulle aangevuur om oor Hom te praat.
2 PETRUS 1:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie. Geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het.