2 PETRUS 1:21
2 PETRUS 1:21 Bybel vir almal (ABA)
Want die profete het hulle boodskap gebring, nie omdat hulle self daardie dinge wou sê nie, nee, die Heilige Gees het mense laat sê wat God sê.
2 PETRUS 1:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
2 PETRUS 1:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.
2 PETRUS 1:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.
2 PETRUS 1:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die profesie het in die ou tyd nie deur die wil van 'n mens gekom nie, maar heilige manne van God het gespreek soos hulle deur die Heilige Gees gedrywe is.