2 PETRUS 1:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

2 PETRUS 1:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

2 PETRUS 1:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

2 PETRUS 1:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Lewe naby aan God skep liefde vir ander gelowiges, en uiteindelik is dit hierdie positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet.

2 PETRUS 1:7 DB (Die Boodskap)

Saam met ’n lewe wat God verheerlik, gaan absolute lojaliteit teenoor ander gelowiges.  Saam met liefde vir ander gelowiges gaan liefde vir alle ander mense. Gee regtig om vir almal met wie julle elke dag te doen kry.

2 PETRUS 1:7 ABA (Bybel vir almal)

julle moet lief wees vir mekaar, julle moet lief wees vir al die mense.

2 PETRUS 1:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

by godvresendheid, broederliefde, en by broederliefde, liefde vir alle mense.

2 PETRUS 1:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En aan die godsaligheid broederlike goedertierenheid; en tot broederlike goedhartigheid liefdadigheid.