2 SAMUEL 11:2-3
2 SAMUEL 11:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Een namiddag, nadat hy gerus het, het Dawid opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop. Van die dak af sien hy ’n besonder mooi vrou wat besig was om te bad. Hy stuur toe iemand om uit te vind wie sy is. “Dis Batseba, die dogter van Eliam en vrou van Urija die Hetiet,” verneem hy.
2 SAMUEL 11:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Een aand het hy opgestaan van sy rusbank en hy het op die dak van die paleis gaan loop. Hy sien toe 'n vrou wat bad. Sy was baie mooi. Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is. Dit was Batseba, die dogter van Eliam. Batseba was die vrou van Urija die Hetiet.
2 SAMUEL 11:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien. En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?
2 SAMUEL 11:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou. Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”
2 SAMUEL 11:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op 'n keer het Dawid teen laatmiddag van sy bed af opgestaan en op die dak van die koninklike paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af 'n vrou wat besig is om haar te was; die vrou was besonder mooi. Dawid stuur toe iemand om navraag te doen oor die vrou. Die man het gesê: “Is dit nie Batseba, die dogter van Eliam, die vrou van Urija, die Hetiet nie?”
2 SAMUEL 11:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En teen die aand het Dawid van sy bed af opgestaan en op die dak van die koning se huis geloop, en van die dak af sien hy 'n vrou wat haar was; en die vrou was baie mooi om na te kyk. Dawid het toe gestuur en die vrou navraag gedoen. En een het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría, die Hetiet nie?
2 SAMUEL 11:2-3 Die Boodskap (DB)
Laat een middag, net na sy middagslapie, het hy op die dakstoep van die paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af ’n vrou wat besig is om te bad. Dit was ’n baie mooi vrou. Dawid het iemand gestuur om te gaan uitvind wie sy is. Die man kom sê toe vir hom: “Dit is Eliam se dogter Batseba; sy is getroud met Urija, ’n Hetiet.”