2 SAMUEL 17:1-2
2 SAMUEL 17:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Agitofel het verder vir Absalom gesê: “Laat ek tog twaalf afdelings uitsoek en klaarmaak om Dawid vannag nog agterna te sit. Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal verwarring in sy geledere skep, sodat die hele volk wat by hom is, sal vlug en ek die koning kan doodmaak waar hy alleen is.
2 SAMUEL 17:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Agitofel het toe by Absalom aangedring: “Laat my tog 12 000 man kies en vannag nog vir Dawid agternajaag. Ek sal hom inhaal terwyl hy moeg en moedeloos is. Hy en sy manskappe sal paniekbevange wees en sal almal vlug sodat ek die koning kan doodmaak waar hy alleen oor is.
2 SAMUEL 17:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Agitofel het vir Absalom gesê: “Ek wil 12 000 manne kies en gereedmaak en ek wil vannag vir Dawid volg en jaag. Ek sal by hom kom wanneer hy moeg en moedeloos is, en ek sal hom groot laat skrik. Al die mense wat by hom is, sal vlug. Dan sal die koning alleen wees, en ek sal hom doodmaak.
2 SAMUEL 17:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalfduisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag, dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
2 SAMUEL 17:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Agitofel het ook vir Absalom gesê: “Laat ek twaalfduisend man uitsoek en gereedmaak, en Dawid vannag agternasit. Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal hom die skrik op die lyf jaag, en dan sal al die mense by hom vlug. Ek sal die koning alleen neervel
2 SAMUEL 17:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het Agitofel vir Absalom gesê: Laat my nou twaalf duisend man uitkies, en ek sal opstaan en Dawid in hierdie nag agtervolg. En Ek sal op hom afkom terwyl hy moeg en swak van hande is, en Ek sal hom verskrik; en al die mense wat by hom is, sal vlug; en ek sal net die koning verslaan.
2 SAMUEL 17:1-2 Die Boodskap (DB)
Agitofel sê toe ook nog vir Absalom: “Laat my toe om 12 000 man uit te soek, dan sit ek Dawid dadelik agterna, sommer vannag nog. Ek sal hom aanval terwyl hy moeg en sy moed in sy skoene is. Ek sal hom só skrikmaak dat al sy manskappe wat by hom is, sal weghardloop. Dan maak ek net die koning dood.