2 TESSALONISENSE 3:2
2 TESSALONISENSE 3:2 Die Boodskap (DB)
Bid ook dat al hierdie goddelose en slegte mense wat dit vir ons so moeilik maak, daarmee sal ophou. Bid dat hulle planne sal misluk, want hulle glo nie in die Here nie.
2 TESSALONISENSE 3:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie.
2 TESSALONISENSE 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie.
2 TESSALONISENSE 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
2 TESSALONISENSE 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie.