2 TESSALONISENSE 3:2-3
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie. Maar die Here doen wat Hy belowe het. Hy sal julle sterk maak en beskerm teen die duiwel.
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en dat ons gered sal word van die kwaadwillige en bose mense; want nie almal het geloof nie. Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat ons verlos kan word van onredelike en goddelose mense, want nie almal het geloof nie. Maar die Here is getrou, wat jou sal bevestig en jou van die kwaad sal bewaar.
2 TESSALONISENSE 3:2-3 Die Boodskap (DB)
Bid ook dat al hierdie goddelose en slegte mense wat dit vir ons so moeilik maak, daarmee sal ophou. Bid dat hulle planne sal misluk, want hulle glo nie in die Here nie. Die Here is altyd getrou. Hy sal julle geloof sterk maak. Hy sal julle ook teen die Bose se aanvalle beskerm.