2 TESSALONISENSE 3:6
2 TESSALONISENSE 3:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
2 TESSALONISENSE 3:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons beveel julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus: Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie.
2 TESSALONISENSE 3:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ons beveel julle in die Naam van ons Here Jesus Christus, broers, dat julle elke broer moet vermy wat hom onordelik gedra, en nie optree volgens die oorlewering wat hulle van ons ontvang het nie.
2 TESSALONISENSE 3:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou beveel ons julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle julle onttrek van elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
2 TESSALONISENSE 3:6 Die Boodskap (DB)
Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus sê ek reguit vir julle om weg te bly van daardie mense in die kerk wat in sonde lewe en hulle nie steur aan dit wat julle by my geleer het nie.