2 TIMOTEUS 1:13
2 TIMOTEUS 1:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het.
2 TIMOTEUS 1:13 Bybel vir almal (ABA)
Jy het gehoor hoe ek vir mense die regte dinge geleer het. Dit moet vir jou 'n voorbeeld wees hoe jy vir mense moet leer, en jy moet aanhou om in Christus Jesus te glo en om lief te wees vir mense.
2 TIMOTEUS 1:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
2 TIMOTEUS 1:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hou, as voorbeeld van die suiwer leer, vas aan dit wat jy van my gehoor het; doen dit in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
2 TIMOTEUS 1:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hou vas aan die vorm van gesonde woorde wat jy van my gehoor het, in geloof en liefde wat in Christus Jesus is.