2 TIMOTEUS 2:2
2 TIMOTEUS 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.
2 TIMOTEUS 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Jy het saam met baie ander getuies gehoor wat ek vir mense geleer het. Jy moet hierdie dinge vertel vir mense wat sal doen wat hulle belowe het, mense wat die dinge ook vir ander mense sal kan leer.
2 TIMOTEUS 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
2 TIMOTEUS 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en dra dit wat jy deur baie getuies van my gehoor het, oor aan betroubare mense wat bekwaam sal wees om ook ander te onderrig.
2 TIMOTEUS 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat jy van My gehoor het onder baie getuies, dit dra jy toe aan getroue manne, wat in staat sal wees om ook ander te leer.