2 TIMOTEUS 3:16
2 TIMOTEUS 3:16 Bybel vir almal (ABA)
Die hele Ou Testament kom van God, en 'n mens kan dit gebruik om vir mense te leer, om hulle te waarsku, om vir hulle te sê dat hulle verkeerd doen en dat hulle reg moet lewe.
2 TIMOTEUS 3:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid
2 TIMOTEUS 3:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek
2 TIMOTEUS 3:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam
2 TIMOTEUS 3:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.
2 TIMOTEUS 3:16 Die Boodskap (DB)
Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef.