2 TIMOTEUS 3:16-17
2 TIMOTEUS 3:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Die hele Ou Testament kom van God, en 'n mens kan dit gebruik om vir mense te leer, om hulle te waarsku, om vir hulle te sê dat hulle verkeerd doen en dat hulle reg moet lewe. As jy dit doen, dan sal iemand wat aan God behoort, baie goed weet om elke goeie ding te kan doen.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid. Sodat die man van God volmaak kan wees, volkome toegerus vir alle goeie werke.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Die Boodskap (DB)
Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef. Op dié manier sal iemand wat God s’n is, weet wat God van hom verwag en só reg wees om behoorlik vir God te kan werk.
2 TIMOTEUS 3:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.