3 JOHANNES 1:2
3 JOHANNES 1:2 Die Boodskap (DB)
Ek weet dat dit sommer uitstekend met jou geestelike lewe gaan. Ek hoop dat dit ook van al die ander dinge in jou lewe waar sal wees, veral ook wat jou gesondheid betref. Ek bid daarvoor.
3 JOHANNES 1:2 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriend, ek bid dat alles goed sal gaan met jou. Ek bid dat dit met jou gesondheid ook goed sal gaan, so goed soos dit met jou geloof gaan.
3 JOHANNES 1:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan
3 JOHANNES 1:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.
3 JOHANNES 1:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefde, ek bid dat jy gesond mag wees, en dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan, soos dit met jou siel goed gaan.
3 JOHANNES 1:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, ek wens bo alles dat jy voorspoedig mag wees en gesond mag wees, net soos jou siel voorspoedig is.