3 JOHANNES 1:4
3 JOHANNES 1:4 Die Boodskap (DB)
Daar is sowaar niks wat my blyer maak as die nuus dat my geestelike kinders in alles wat hulle doen openlik vir die waarheid uitkom nie.
3 JOHANNES 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Dit maak my baie baie bly wanneer ek hoor dat ons gelowiges doen wat God vir ons sê.
3 JOHANNES 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
3 JOHANNES 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.
3 JOHANNES 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Groter blydskap as dit het ek nie, dat ek hoor dat my kinders die pad van waarheid loop.