HANDELINGE 1:11
HANDELINGE 1:11 Bybel vir almal (ABA)
Die manne het gesê: “Manne van Galilea, hoekom kyk julle so na die hemel? God het vir Jesus weggeneem na die hemel, maar dieselfde Jesus sal weer kom soos julle gesien het dat Hy weggaan na die hemel.”
HANDELINGE 1:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
HANDELINGE 1:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
HANDELINGE 1:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en vra: “Galileërs, waarom staan en staar julle na die hemel? Hierdie Jesus, wat van julle na die hemel weggeneem is, sal net so terugkom soos wat julle Hom na die hemel sien weggaan het. ”
HANDELINGE 1:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat ook gesê het: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? hierdie selfde Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien opgaan het.
HANDELINGE 1:11 Die Boodskap (DB)
Een van die mans vra toe vir die dissipels: “Hoekom staan julle so na die hemel en kyk? Dink julle dat julle nooit weer vir Jesus gaan sien nie? Hierdie selfde Jesus wat nou voor julle oë na sy hemelse woonplek toe vertrek het, sal op presies dieselfde manier na julle toe terugkom.”