HANDELINGE 1:14 - Compare All Versions
HANDELINGE 1:14 ABA (Bybel vir almal)
Die apostels het altyd saam gebid, saam met 'n paar vroue. Jesus se ma Maria en sy broers het ook saam gebid.
HANDELINGE 1:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
HANDELINGE 1:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met 'n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.
HANDELINGE 1:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers.
HANDELINGE 1:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het almal eendragtig volgehou in gebed en smeking, met die vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
HANDELINGE 1:14 DB (Die Boodskap)
Hulle het elke dag saamgebid. Van die gelowige vroue het saam met hulle kom bid, so ook Maria, Jesus se ma, sy broers en ’n klompie ander gelowiges. Later was daar by die 120 mense in die kamer bymekaar.
HANDELINGE 1:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by.