Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 1:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 1:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.

HANDELINGE 1:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het

HANDELINGE 1:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

tot op die dag toe Hy opgeneem is. Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee.

HANDELINGE 1:2 DB (Die Boodskap)

Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy oor ’n tyd van 40 dae ’n hele paar keer aan sy apostels verskyn om vir hulle te wys dat Hy regtig lewe.

HANDELINGE 1:2 ABA (Bybel vir almal)

tot die dag toe Jesus na die hemel gegaan het. Jesus het mense gekies om sy apostels te wees, en voordat God Hom na die hemel geneem het, het Jesus vir die apostels gesê wat hulle moet doen wanneer Hy weg is. Die Heilige Gees het vir Jesus gesê wat Hy vir hulle moet sê.

HANDELINGE 1:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

tot die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees opdragte gegee het aan die •apostels wat Hy uitgekies het.

HANDELINGE 1:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Tot op die dag waarop Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees bevele gegee het aan die apostels wat Hy uitverkies het