HANDELINGE 10:34-35
HANDELINGE 10:34-35 Bybel vir almal (ABA)
Toe het Petrus begin praat en gesê: “Ek verstaan nou waarlik dat God nie dink een persoon is belangriker as 'n ander persoon nie. Nee, in elke volk hou God van die mense wat Hom respekteer en wat die dinge doen wat God wil hê.
HANDELINGE 10:34-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
HANDELINGE 10:34-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.
HANDELINGE 10:34-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Petrus het toe begin praat en gesê: “Ek besef nou werklik dat God niemand volgens sy uiterlike beoordeel nie, maar dat die mens wat ontsag vir Hom het en doen wat reg is, uit watter nasie hy ook mag wees, vir Hom aanvaarbaar is.
HANDELINGE 10:34-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe maak Petrus sy mond oop en sê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie. Maar in elke nasie is hy wat Hom vrees en geregtigheid doen, by hom welgevallig.