HANDELINGE 11:23-24
HANDELINGE 11:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hy daar kom en sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, was hy bly. Hy het hulle almal aangespoor om lojaal aan die Here te bly. Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en van geloof. ’n Aansienlike groep mense is na die Here toe gebring.
HANDELINGE 11:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Toe Barnabas daar kom en hy sien hoe goed God vir hulle was, was hy bly en het hy aangehou om hulle almal te bemoedig om aan te hou om die Here Jesus te dien, soos hulle besluit het om te doen. Barnabas was 'n goeie man, die Heilige Gees was in hom en hy het sterk in die Here Jesus geglo. Baie mense in die stad het in die Here Jesus begin glo.
HANDELINGE 11:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly; want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
HANDELINGE 11:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring
HANDELINGE 11:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hy daar aankom en die genade van God sien, was hy bly en het almal aangemoedig om met vaste voorneme van hart aan die Here getrou te bly. Hy was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en geloof. En 'n aansienlike skare is vir die Here bygevoeg.
HANDELINGE 11:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe hy gekom het en die genade van God gesien het, was hy bly en het hulle almal vermaan dat hulle met 'n voorneme van hart die Here sou aanhang. Want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en van geloof, en baie mense is bygevoeg tot die Here.
HANDELINGE 11:23-24 Die Boodskap (DB)
Hy was aangenaam verras toe hy daar aankom en sien wat God besig was om in hulle lewe te doen. Barnabas het hulle opgewonde aangespoor om die Here met alles in hulle te dien en aan Hom getrou te bly. Barnabas was ’n goeie man met ’n sterk geloof in God. Almal kon sien dat die Heilige Gees se groot krag deur hom gewerk het. Hy het besluit om in Antiogië te bly en die gelowiges te help om die goeie nuus daar uit te dra. Baie mense het as gevolg van sy werk begin glo.