HANDELINGE 12:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 12:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
HANDELINGE 12:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
HANDELINGE 12:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die nag voordat Herodes hom in die openbaar sou verhoor, het Petrus tussen twee soldate geslaap terwyl hy met twee kettings geboei was en ander wagte die tronkdeur bewaak.
HANDELINGE 12:6 DB (Die Boodskap)
Die nag voordat Petrus voor Herodes sou verskyn, het hy tussen twee wagte aan die slaap geraak. Hy was vasgemaak met twee swaar kettings. Voor die tronk se deur was daar ook ’n paar wagte wat diens gedoen het.
HANDELINGE 12:6 ABA (Bybel vir almal)
Die Paasfees was verby, en Herodes wou die volgende dag vir Petrus bring om voor die volk te staan. In die nag voordat Herodes dit wou doen, het hulle vir Petrus met kettings vasgemaak aan twee soldate, en hy moes tussen die soldate slaap. Daar was ook wagte wat die deur van die tronk opgepas het.
HANDELINGE 12:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nag voordat Herodes hom wou voorbring, was •Petrus aan die slaap tussen twee soldate. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
HANDELINGE 12:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Herodes hom sou gebring het, het Petrus dieselfde nag tussen twee soldate geslaap, vasgebind met twee kettings; en die wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.