HANDELINGE 13:39
HANDELINGE 13:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
HANDELINGE 13:38-39 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie.
HANDELINGE 13:38-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle moet dus weet, broers, dat dit deur hierdie Man is dat die vergewing van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die •Wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
HANDELINGE 13:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En deur Hom word almal wat glo, geregverdig uit alle dinge waaruit julle nie geregverdig kon word deur die wet van Moses nie.