HANDELINGE 16:27-28
HANDELINGE 16:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die bewaarder van die gevangenis uit sy slaap wakker word en die gevangenis se deure sien oopgaan, het hy sy swaard uitgetrek en sou homself om die lewe gebring het, as hy gedink het dat die gevangenes gevlug het. Maar Paulus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Doen jouself geen kwaad nie, want ons is almal hier.
HANDELINGE 16:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die tronkbewaarder het wakker geword en die tronkdeure wawyd oop sien staan. Hy het aanvaar die gevangenes het ontsnap, en sy swaard uitgetrek om homself dood te maak. Maar Paulus het met ’n harde stem geskreeu: “Moenie jouself iets aandoen nie! Ons is nog almal hier!”
HANDELINGE 16:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Toe die wag wakker word en sien dat die deure van die tronk oop is, het hy sy swaard uitgetrek. Hy wou homself doodmaak omdat hy gedink het dat die gevangenes almal weggevlug het. Maar Paulus het baie hard vir hom geskree: “Moenie jouself doodmaak nie, ons is nog almal hier.”
HANDELINGE 16:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het. Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.
HANDELINGE 16:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap. Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: “Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier.”
HANDELINGE 16:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die tronkbewaarder het wakker geskrik, en toe hy sien dat die tronk se deure oop was, het hy sy swaard getrek en wou homself doodmaak, omdat hy gedink het dat die gevangenes ontsnap het. Maar Paulus het hard uitgeroep: “Moenie jouself leed aandoen nie, want ons is almal hier!”
HANDELINGE 16:27-28 Die Boodskap (DB)
Die hoof van die tronk het ook wakker geword van die aardskudding. Toe hy sien dat al die seldeure oopstaan, het hy gedink dat die gevangenes ontsnap het. Dadelik het hy sy swaard uitgepluk om homself dood te maak. Maar Paulus het dit gesien en hard vir hom geskree: “Stop! Moenie dit doen nie! Ons almal is nog hier in die tronk.”