HANDELINGE 16:30-33
HANDELINGE 16:30-33 Bybel vir almal (ABA)
Nadat hy hulle buitetoe geneem het, het hy gesê: “Menere, wat moet ek doen sodat God my kan red?” Hulle sê toe vir hom: “Jy moet glo in die Here Jesus en dan sal God jou red, vir jou en jou huisgesin.” En Paulus en Silas het vir die wag en al die mense in sy huisgesin vertel van die boodskap van die Here. Die wag het toe vir hulle laat in die nag saamgeneem en hy het hulle seerplekke gewas. En Paulus het hom en al die mense in sy huisgesin dadelik gedoop.
HANDELINGE 16:30-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
HANDELINGE 16:30-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig. Op daardie uur van die nag het hy vir Paulus en Silas geneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is daar en dan gedoop.
HANDELINGE 16:30-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het hulle na buite gelei en gesê: “Menere, wat moet ek doen om verlos te word?” En hulle het geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word.” Hulle het toe die woord van die Here aan hom en almal in sy huis verkondig. En hy het hulle op daardie uur van die nag saamgeneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is onmiddellik gedoop.
HANDELINGE 16:30-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hulle uitgebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? En hulle sê: Glo in die Here Jesus Christus, en jy sal gered word, en jou huisgesin. En hulle het die woord van die Here aan hom gespreek en aan almal wat in sy huis was. En hy het hulle in dieselfde uur van die nag geneem en hulle wonde gewas; en is dadelik gedoop, hy en al syne.
HANDELINGE 16:30-33 Die Boodskap (DB)
Toe het hy hulle buitetoe gevat. “Menere, sê asseblief vir my wat ek moet doen om in die regte verhouding met God te kom,” het hy gepleit. “Glo in die Here Jesus,” het Paulus geantwoord. “Dan sal God jou red en as sy kind aanvaar.Hierdie goeie nuus geld vir jou en vir jou hele huisgesin.” Die hoof van die tronk het toe vir Paulus en Silas na sy huis toe gevat. Almal in die huis moes hoor wat hierdie twee mans oor die Here te sê gehad het. Later het die tronkbewaarder agtergekom dat Paulus en Silas se wonde nog nie skoongemaak is nie. Hy het hulle gou-gou buitetoe gevat om dit te doen. Daarna is hy en sy hele huisgesin ook gedoop.
HANDELINGE 16:30-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het hulle toe buitentoe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om verlos te word?” Hulle het hom geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.” Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huishouding verkondig. Al was dit reeds baie laat in die nag, het hy Paulus en Silas se wonde versorg. Hy is toe daar en dan gedoop, en ook al sy mense.