HANDELINGE 19:19 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 19:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Heelparty van die mense wat toorkunste beoefen het, het hulle boeke gebring en voor almal verbrand. Hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwermuntstukke werd was.
HANDELINGE 19:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was.
HANDELINGE 19:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Heelparty van dié wat toorkunste beoefen het, het hulle toorboeke saamgebring en voor almal verbrand. Die waarde van dié boeke was 50 000 silwermuntstukke.
HANDELINGE 19:19 DB (Die Boodskap)
Dit was sowat 50 000 silwermuntstukke werd. (Dit was sowat 137 jaar se salaris vir ’n gewone werker!)
HANDELINGE 19:19 ABA (Bybel vir almal)
Baie van die mense wat voorheen getoor het, het hulle boekrolle gebring en hulle het dit verbrand waar al die mense dit kon sien. Die mense het getel hoeveel al die boeke gekos het, en dit was 50 000 silwer geldstukke.
HANDELINGE 19:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Hele aantal van hulle wat towery bedryf het, het hulle •boekrolle saamgebring en voor almal verbrand. Hulle het die waarde daarvan bereken, en bevind dat dit vyftigduisend silwerstukke werd was.
HANDELINGE 19:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook het baie van hulle wat met snaakse kuns gebruik gemaak het, hulle boeke bymekaargebring en dit voor alle mense verbrand; en hulle het die prys daarvan getel en dit vyftigduisend silwerstukke gevind.