Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 2:43 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 2:43 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.

HANDELINGE 2:43 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.

HANDELINGE 2:43 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind.

HANDELINGE 2:43 DB (Die Boodskap)

Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad.

HANDELINGE 2:43 ABA (Bybel vir almal)

Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur.

HANDELINGE 2:43 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Almal is met ontsag vervul en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.

HANDELINGE 2:43 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En vrees het oor elke siel gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels gedoen.