HANDELINGE 22:14
HANDELINGE 22:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor
HANDELINGE 22:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het hy gesê, ‘Die God van ons vaders het jou uitverkies om sy wil te ken, om die Regverdige te sien en om die stem uit sy mond te hoor
HANDELINGE 22:14 Die Boodskap (DB)
“Ananias het goeie nuus vir my gehad. ‘Weet jy,’ het hy gesê, ‘die God vir wie ons voorouers ook al gedien het, het ’n spesiale taak vir jou. Hy het jou persoonlik uitgekies sodat jy sy reddingsplan vir die wêreld kan ken. Daarom was jy so gelukkig om Jesus te sien en om te hoor hoe Hy met jou praat, want Hy is die Een vir wie God na ons toe gestuur het om ons te red.
HANDELINGE 22:14 Bybel vir almal (ABA)
Ananias het vir my gesê: ‘Die God van ons voorouers het jou gekies om te weet wat Hy wil doen. Hy het jou ook gekies om die Regverdige te sien en sy eie stem te hoor.
HANDELINGE 22:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê hy: ‘Die God van ons voorvaders het jou uitgekies om sy wil te ken, die Regverdige te sien en sy stem te hoor