HANDELINGE 4:4
HANDELINGE 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend.
HANDELINGE 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Maar baie van die mense wat gehoor het wat Petrus en Johannes sê, het begin glo. Hulle het net die mans getel, en daar was omtrent 5 000 mans.
HANDELINGE 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyfduisend geword.
HANDELINGE 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie van die mense wat die toespraak gehoor het, het egter tot geloof gekom, sodat die getal manne tot ongeveer vyfduisend aangegroei het.
HANDELINGE 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne was omtrent vyf duisend.