HANDELINGE 5:3-5
HANDELINGE 5:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Petrus het vir hom gesê: “Ananias, hoekom het jy geluister na die Satan? Hoekom het jy gesê hy mag oor jou hart regeer? Hoekom het jy vir die Heilige Gees gelieg? Want jy het gemaak of jy al die geld bring, maar jy het 'n deel van die geld vir jouself gehou. Die grond was altyd jou grond. En nadat jy dit verkoop het, kon jy met die geld maak wat jy wou. Hoekom het jy besluit om hierdie verkeerde ding te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, jy het vir Gód gelieg.” Toe Ananias dit hoor, het hy gesterf en op die grond geval. En almal wat hiervan gehoor het, het baie bang geword.
HANDELINGE 5:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en 'n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
HANDELINGE 5:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie maar vir God.” Toe Ananias dit hoor, het hy dood neergeval; en al die ander wat dit gehoor het, het baie bang geword.
HANDELINGE 5:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Petrus het toe gesê: “Ananias, waarom het Satan jou hart vervul, sodat jy vir die Heilige Gees gelieg en vir jouself van die geld vir die grond teruggehou het? Toe dit onverkoop bly lê het, was dit nie joune nie? En toe dit verkoop is, was die geld nie tot jou beskikking nie? Waarom het jy hierdie daad in jou hart bedink? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” By die aanhoor van hierdie woorde het Ananias inmekaargesak en gesterf, en groot vrees het almal oorval wat hiervan gehoor het.
HANDELINGE 5:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Petrus sê: Ananias, waarom het Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en 'n deel van die grondprys terug te hou? Terwyl dit oorgebly het, was dit nie joune nie? en nadat dit verkoop is, was dit nie in u eie krag nie? waarom het jy hierdie ding in jou hart beraam? jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. Toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en die gees opgegee, en groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
HANDELINGE 5:3-5 Die Boodskap (DB)
Petrus het egter dwarsdeur hom gesien. “Hoekom het jy toegelaat dat Satan ’n houvas op jou kry?” het hy vir Ananias gevra. “Jy het vir die Heilige Gees gelieg deur ’n deel van die geld vir jouself te hou terwyl jy gemaak het asof jy alles aan ons kom gee het. Dit is tog jou grond. Toe jy dit verkoop het, kon jy met die wins gemaak het net wat jy wou. Hoekom was jy so skelm? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God self.” Na Petrus hierdie woorde gesê het, het Ananias daar op die plek dood inmekaargesak.
HANDELINGE 5:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Petrus sê toe: “Ananias, hoekom het jy jou deur Satan laat omhaal? Jy het vir die Heilige Gees gelieg toe jy ’n deel van die geld teruggehou het. Die grond was joune om te verkoop of nie. En selfs ná jy dit verkoop het, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Hoe kon jy so iets doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” Toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterf. Almal wat hiervan gehoor het, het groot geskrik.